Nog twee in arres in Bank Windhoek bedrogsaak

Nog twee verdagtes in die bedrogsaak by die Bank Windhoek-tak in Opuwo, is in Rundu aangekeer. Volgens die polisiemag in die Kavango-Oos-streek is een van die verdagtes in hegtenis geneem terwyl hy probeer het om geld oor die toonbank te trek. Die ander een is later by sy huis in die Kaisosi-woongebied gearresteer. ‘n Totaal van tien verdagtes is nou in aanhouding, maar die beweerde meesterbrein agter die misdaad, Nico Rebebe, word steeds gesoek. Bank Windhoek het ‘n beloning van 20 000 Namibiese dollar aangebied aan enigiemand wat inligting verskaf wat sal lei tot die suksesvolle aankeer van Rebebe.