Nog Trump-aanstellings aangekondig

Die Amerikaanse verkose president Donald Trump het ‘n verklaring uitgereik waarin hy sy aanstelling van Mike Waltz aangekondig het om in sy kabinet te dien as die nasionale veiligheidsadviseur. Waltz, ‘n Republikeinse kongreslid wat oos-sentraal Florida verteenwoordig, het Chinese aktiwiteite in die Asië-Stille Oseaan gekritiseer en die nodigheid uitgespreek dat die VSA gereed moet wees vir ‘n potensiële konflik in die streek. Trump het ook aangekondig dat hy Mike Huckabee, die voormalige goewerneur van Arkansas, sal benoem as die Amerikaanse ambassadeur in Israel. “Mike sal onvermoeid werk om vrede in die Midde-Ooste te bewerkstellig!” het Trump gesê. Huckabee is ‘n uitgesproke besettingsondersteuner.