Nog tien Palestyne in Wesoewer dood

Israel sê hy is vasbeslote om op te tree teen wat hy bestempel as die bedreiging van Palestynse militante in die Wesoewer. Minstens tien Palestyne is in Jenin en Tubas dood, in ‘n Israelse teenterrorisme-operasie. Die Palestynse Owerheid se ministerie van Buitelandse Sake sê die toename in Israelse militêre operasies, saam met die oorlog in Gaza, sal tot haglike gevolge lei. Minstens 652 Palestyne is deur Israel in die Wesoewer doodgeskiet sedert die oorlog in Gaza byna elf maande gelede begin het.