Nog skokkende syfers oor wanvoeding in die land

Plaaslike berigte lui dat 67 kinders in die Zambezi-streek dood is aan wanvoeding met 545 kinders wat sedert 2021 daarvoor behandel is. Sedert die begin van die jaar is 137 kinders in die hospitaal daarvoor opgeneem met 17 wat dood is. Die distrikshospitaal in Katima Mulilo sê hy ontvang daagliks gevalle van kinders wat mediese behandeling nodig het as gevolg van voedseltekorte. Wanvoeding word ‘n toenemende probleem in die land en landelike gebiede waar huishoudings staatmaak op bestaansboerdery vir voedselvoorsiening kry op die oomblik uiters swaar.