Nog senior bestuurspersoneel verlaat Red Bull

Motorsport: Red Bull se hoof van wedren-strategie, Will Courtenay, gaan die Formule Een-span verlaat om as sportdirekteur by McLaren aan te sluit. Sy besluit volg nadat die tegniese hoof, Adrian Newey, en sportdirekteur Jonathan Wheatley ook die afgelope vyf maande bedank het. Courtenay was 20 jaar by Red Bull. McLaren se spanhoof, Andrea Stella, sê hy gaan ʼn groot bydrae maak tot die sterk leierskapspan aangesien hulle strewe is om wenners en kampioene te wees.