Nog sankies teen Rusland is op pad – EU

Die Europese Kommissie het die Internasionale Sentrum vir die Vervolging van die Misdaad van Aggressie in Oekraïne gestig en dit sal in Den Haag gesetel wees. Dis die jongste poging wat ontwerp is om Rusland vir die misdaad van aggressie te vervolg. Dit volg terwyl die internasionale gemeenskap sukkel om ‘n spesiale internasionale tribunaal gestig te kry met die spesifieke doel om senior Russiese amptenare vir die misdaad van aggressie aan te kla. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Moskou sal vir sy misdade betaal: