Nog SA atlete aangekondig vir Parys Spele

Olimpiese Spele: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het Span Suid-Afrika se verteenwoordiging by die Spele in Parys ʼn goeie hupstoot gegee toe nog name en sportkodes aangekondig is. Sascoc sê daar is nou 114 atlete in 15 kodes in die span. Bekende name wat by Span Suid-Afrika aansluit, is Johanita Scholtz, wat al twee goue medaljes in pluimbal by die Afrika Spele behaal het, die driekampatleet Henri Schoeman, en die roeier John Smith. Die Spele begin op 26 Julie.