Nog rioolprobleme in SA, die keer in NoordwesOctober 26, 2023

Riool raak ‘n toenemende uitdaging in Suid-Afrika. Die DA in Noordwes sê ná volgehoue druk sal die JB Marks-munisipaliteit die Bothastraat-rioolpompstasie opgradeer. Heinricha Hodgson van die party sê die stukkende pompstasie het veroorsaak dat die omliggende vleilande besoedel is. Sy sê dit het inwoners in die gebied verontrief en gedwing om meer as drie jaar lank met die ondraaglike stank van rou riool saam te leef: