Nog reaksie op onveranderde repokoers

Nog reaksie word ontvang op die Bank van Namibië wat die repokoers onveranderd gehou het. Die goewerneur Johannes !Gawaxab het vanoggend aangekondig dat die koers op 7,75 persent bly. Robert McGregor, ekonoom by Cirrus, sê dit is nie ‘n verrassing nie en daar is verskeie redes om die besluit te ondersteun.