Nog ‘n ontuimingsbevel in Viëtnam

Duisende mense is ontruim uit laagliggende gebiede in Hanoi, die hoofstad van Viëtnam, terwyl die Rooirivier sy hoogste vlak in twee dekades bereik. Teen Woensdag het vloedwater in die oorvol rivier in dele van die stad tot ‘n meter hoog gestyg, wat sommige inwoners gedwing het om in bote deur hulle buurte te beweeg. Die krag is afgesny na sommige distrikte weens kommer oor veiligheid, met tien van Hanoi se 30 administratiewe distrikte wat teen oorstromings gewaarsku word. Vietnam ly onder die nagevolge van tifoon Yagi, waarin minstens 179 mense dood is.