Nog net omtrent 2 uur oor om te registreer!
Daar is nog net sowat twee uur oor voordat die algemene registrasie van kiesers ten einde loop om 7-uur. Die verkiesingskommissie herhaal dat die proses nie verleng kan word nie, en alle stemgeregtigde Namibiërs word versoek om te gaan registreer. Ongeregistreerde kiesers sal nie in die verkiesings in November kan stem nie. Verlede week was sowat 81 persent van kiesers geregistreer, volgens die kommissie. Die kommissie se hoof-verkiesingsbeampte, Peter Shaama, rig ‘n laaste pleidooi.