Nog ‘n teleurstelling vir Djokovic

Tennis: Novak Djokovic sê dit is nie goeie seisoen vir hom nie, na hy in die halfeindstryd van die Monte Carlo-meesters teen Casper Ruud verloor het. Die wêreld se nommer-een se nederlaag van 6-4, 1-6, 6-4 teen die Noorweër volg na hy in die derde ronde van die Indian Wells uitgeskakel is, asook ‘n nederlaag in die halfeindstryd van die Australiese Ope. Ruud, wat tiende op die wêreldranglys is, pak vandag vir Stefanos Tsitsipas in die eindstryd, nadat die Griekse speler vroeër Jannik Sinner van Italië met 6-4, 3-6, 6-4 in Monaco afgeransel het.