Nog ‘n slenter, die een vir skoolkinders

Swendelary neem steeds toe op sosiale media en die onderwysministerie gaan ook gebuk onder bedrieërs wat hulle probeer naboots. ‘n Bedrogspul wat tans op sosiale media die rondtes doen, moedig leerders aan om op gratis kortkursusse in te teken. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sem Shino, die ministerie se hoof skakelbeampte, wat ouers en leerders aanraai om altyd seker te maak die ministerie het enige plasings geverifieer.