Nog ‘n skoolbrand in Kenia

Brandbestryders is besig om ‘n brand by ‘n meisieskool in Sentraal-Kenia te bestry, net twee dae nadat ‘n ‘n reuse-brand 21 seuns by ‘n ander skool gedood het. Die jongste voorval, wat laat Saterdagaand uitgebreek het, het plaasgevind by Isiolo Girls High School, in Isiolo-staat in sentraal Kenia. Drie geboue het aan die brand geslaan. Kenia het groot uitdagings met brande by skole, baie as gevolg van brandstigting.