Nog ‘n Phala Phala-inbraak ondersoek

Die Valke bevestig daar is ʼn ondersoek na ʼn tweede inbraak by president Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo. Volgens News24 het die voorval in Junie 2020 plaasgevind, vier maande nadat miljoene dollar in die eerste inbraak in Februarie gesteel is. Hoewel Ramaphosa ontken daar was enige diefstal met die tweede voorval, het die inbrekers volgens berigte meer as ʼn uur in die plaashuis deurgebring voor hulle gevlug het toe ʼn presidensiële beskermingsvoertuig die huis genader het. Ten spyte daarvan is daar eers twee jaar later met ʼn amptelike ondersoek begin.