Nog ‘n pastoor gesoek vir beweerde verkragting

Die polisie in die Omusati-streek is op soek na nog ‘n pastoor vir die beweerde verkragting van ‘n 15-jarige meisie by die Okando-dorpie, in die Oshikuku-kiesafdeling. Dit kom twee dae nadat ‘n 34-jarige pastoor en kerkeienaar in hegtenis geneem is omdat hy na bewering twee jong vroue van 19 en 24 en ‘n meisie van 17 by die Okandi-dorpie in die Etayi-kiesafdeling verkrag het. NamPol se Omusati-misdaadondersoekkoördineerder, Moses Simaho, sê die beweerde verkragtings het tussen Junie 2020 en September 2022 plaasgevind, maar is eers Donderdag by die polisie aangemeld.