Nog ‘n opdrag vir massa-ontruiming in Gaza

Die Verenigde Nasies se noodlenigingsagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye-Ooste waarsku dat 250 000 mense na raming in Gaza ontwortel kan word. Dit volg te midde van die Israelse weermag se opdrag vir ‘n massa-ontruiming van Palestyne uit Khan Younis in die suide van Gaza. Die weermag beplan volgens berigte ‘n nuwe grondoffensief op die gebied se tweede grootste stad. Die VN-agentskap sê dit sal nóg ‘n vernietigende slag wees vir humanitêre hulp in Gaza.