Nog ‘n olieraffinadery vir Walvisbaai beplan

Die Ikhaya Somandla-familie  van ISF Trading beoog om ‘n groenenergiekompleks in Walvisbaai te ontwikkel wat ‘n olieraffinadery, ‘n hernubare-energie-kragstasie en verwante bergingsfasiliteite sal insluit. ‘n Omgewingsimpakstudie word gedoen deur Green Earth Environmental Consultants, wat ‘n openbare vergadering op 24 Mei by die Narraville-gemeenskapsaal sal hou vir openbare konsultasies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Links, die hoofbestuurder van ISF Trading, wat ‘n oorsig gee van die voorgestelde ontwikkeling. Volgens Links is ander lande ook betrokke, onder wie Angola. Iran het onlangs belangstelling aangekondig om ‘n olieraffinadery in Walvisbaai te bou, maar volgens Links is ISF nie bewus van hierdie ontwikkeling nie.

TERUG: Geaffekteerde partye word aangemoedig om Green Earth te kontak om as sodanig geregistreer te word.