Nog ‘n nuwe pad amper klaar

Die Tsandi-Omugulugwombashe-pad in die Omusati-streek is meer as 70 persent voltooi, sê Hileni Fillemon, woordvoerder van die Padowerheid. Hy sê die konstruksie van die 22-kilometer lange pad maak aansienlike vordering, en fase een van konstruksie sal in óf Desember óf Januarie volgende jaar klaar wees. Fase een behels werk aan ‘n 12-kilometer gedeelte van die pad wat in Mei vanjaar begin het, met ‘n geraamde koste van byna 26 miljoen Namibiese dollar. Kambwa Construction sê hulle is tevrede met hul vordering aangesien hulle die oppervlakfase voltooi het en tans besig is met die finale laag.