Nog ‘n minderjarige verkrag

Nog ‘n verkragting van ‘n minderjarige is by die polisie aangemeld. ’n Nege-jarige meisie is na bewering by Olupumbu-dorpie in die Omusati-streek se Elim-kiesafdeling verkrag. Die Namibiese polisiemag se streekbevelvoerder vir Omusati, kommissaris Ismael Basson, sê dit het Sondag gebeur, maar is eers vandag deur die meisie se pa by die polisie aangemeld. “Daar word beweer dat die verdagte die slagoffer in die bos ingetrek het, haar uitgetrek het en onder dwangomstandighede seksuele omgang met haar gehad het,” sê Basson. Die verdagte is bekend en ’n bevel om hom in hegtenis te neem is reeds uitgereik.