Nog ‘n minderjarige verkrag

Die polisie het weer ‘n verkragting van ‘n minderjarige in sy misdaad-verslag bekend gemaak. In Onamahoka-dorpie in die Ohangwena-streek se Endola-kiesafdeling is ‘n 12-jarige meisie deur ‘n 17-jarige jeugdige gedwing om intiem te verkeer. Die verdagte, wat die meisie se neef is, is in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die hof verskyn.