Nog ‘n geval van renosterstropery aangemeld

Kosmos 94.1 Nuus verneem ‘n geval van renosterstropery is oor die naweek aangemeld. Volgens wat verneem word, is daar by ‘n padblokkade Vrydagnag naby Khorixas ‘n voertuig ingewag wat sonder ligte gery het. Na verdere ondersoek is ‘n klein renosterhoring, moontlik die agterste horing van ‘n volwasse dier, of die van ‘n jonger dier, in die voertuig gevind. Inligting is uiters skraps maar, dit wil voorkom asof vier mans in hegtenis geneem is. Voorlopige berigte, wat nog met owerhede bevestig moet word, toon dat die dier moontlik in die Etosha Nasionale Park gestroop is.