Nog ‘n dagvaardiging teen gesondheid vir kraamgeval

Carolina Shapohalo se saak, waar sy die gesondheidsministerie dagvaar vir skadevergoeding van 1,25 miljoen Namibiese dollar, kom vandag in die hoërhof voor, voor regter Collins Parker om verhoordatums te bepaal. Bemiddeling het misluk. In haar eis sê sy, sy is op 5 September 2021 in kraam opgeneem by Sentrale Hospitaal. Sy sê sy is daardie dag en nag gelos met kontraksies met baie min mediese bystand tot sy ‘n Keisersnit die oggend van 6 September gehad het. Haar baba is dood gebore. Sy sê haar baarmoeder het geskeur terwyl sy kontraksies gehad en dit het gelei tot haar baba se dood. Die ministerie verdedig die saak, een van vele wat te doen het met geboortes waar daar komplikasies was.