Nog ‘n baba-liggaam tussen vullis gevind

Nog ‘n babastorting is by die polisie aangemeld, hierdie keer in Oshakati. Die hoof van NamPol se Oshana Gemeenskapspolisiëring-onderafdeling, hoofinspekteur Thomas Aiyambo, sê die 21-jarige moeder, wat as ‘n huishulp werksaam is, het glo Maandag geboorte geskenk aan ‘n seuntjie. Die baba se lewelose liggaam is deur Oshakati munisipale werkers ontdek toe hulle vullis opgetel het by die huis waar die vrou werk. Hulle het die polisie laat kom en die verdagte is opgespoor by die Okatana-kliniek, waar sy mediese aandag gekry het. Aiyambo sê sy is gearresteer en is onder polisiebewaking in die Oshakati-hospitaal opgeneem.