Nog maatskappye onttrek uit Rusland
Twee van die sogenaamde Groot Vier-rekenmeestersfirmas, KPMG en PricewaterhouseCoopers, het uit Rusland onttrek oor sy oorlog in Oekraïne. KPMG sê dit was ‘n moeilike besluit om sy bande met Rusland en Belarus te verbreek waar hy 4 500 mense het. PwC se wêreldvoorsitter, Bob Moritz, sê hulle het besluit om onder die omstandighede nie ‘n firma as lid in Rusland te hê nie. Netflix, TikTok, Ikea, Apple, Microsoft, Mastercard en Visa, Boeing, Nike, Volkswagen en ander maatskappye het hulle bedrywighede in Rusland opgeskort of ingekort.