Nog lande onttrek befondsing van VN in Gaza

Japan en Oostenryk het hulle aangesluit by Amerika, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en Italië om befondsing aan die VN se Hulp- en Werke-agentskap in Gaza tydelik te staak. Dit volg na bewerings dat 12 lede van die agentskap betrokke was by Hamas se aanval op 7 Oktober in Israel waarin 1 300 mense gesterf het. Meer as 26 000 mense is in Gaza dood sedert Israel in reaksie daarop ‘n militêre operasie van stapel gestuur het. Japan én Oostenryk doen ‘n beroep dat die bewerings omvattend, vinnig en volledig ondersoek word.