Nog lande eis wapenstilstand in Gaza-strook

Algerië het ‘n voorstel gedoen vir ‘n konsep-resolusie van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad wat ‘n onmiddellike wapenstilstand eis in die Gaza-strook. Die resolusie eis ook die vrylating van álle gyselaars wat deur Hamas aangehou word, en ‘n onmiddellike staking van sy militêre offensief in Rafah. Die Algerynse ambassadeur by die VN, Amar Bendjama, sê die doel is om die moord in Rafah te stop ná die onlangse aanval op ‘n kamp vir ontheemdes waarin minstens 45 mense omgekom het.