Nog kwystskeldings van minimumloon gevra

Die minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat in Januarie volgende jaar in werking tree, is weer in die nuus. Die landbou- en sekuriteitsektore het reeds aansoek gedoen om kwytskelding en gesê dit sal onder meer lei tot werksverliese en die toemaak van besighede. Die Brandstof- en Franchisevereniging, Fafa, het gevra vir ‘n vergadering met die adjunk-energieminister om die minimumloon en ander kwessies te bespreek. Die vereniging sê die wetgewing sal ‘n ernstige nadelige impak op die volhoubaarheid van brandstofkleinhandelaars hê. Die Namibië Werkgewersvereniging, NEA, vra op sy beurt dat die minimumloon oor drie jaar ingefasseer word, wat die bedrywe wat hy verteenwoordig kans sal gee om hul loonbeleid te herstruktureer en arbeidskoste meer volhoubaar te bestuur.