Nog kritiek teen Namaf-fooie

Die Mediese Vereniging van Namibië het vroeër ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê die gaping tussen die doktersfooie van die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, of Namaf, en dit wat dokters se dienste werklik billik werd is, is oneties. Die voorsitter van die Mediese Vereniging van Namibië, dr. David Weber, het verduidelik dat mediese fondse nie aan Namaf behoort nie, maar Namaf bepaal die fondse se fooie. Weber sê daar is bedrog, vermorsing en misbruik in die vergoedingstelsel aan dokters. Kosmos 94.1 Nuus het met die private sielkundige, dr. Shaun Whittaker gesels. Hy stem saam met die verklaring en gee sy perspektief van Namaf se fooie.