Nóg invloei in Von Bachdam
Volgens NamWater se jongste dambulletin het die Von Bachdam nog invloei van 0,087 miljoen kubieke meter water ná die reën gehad. Die invloei vandag was teen sowat 1,3 kubieke meter water per minuut. Die Von Bachdam se vlak staan nou op 34,1 persent teenoor Dinsdag se 33,9 persent en Maandag se 32,9 persent. Die dam was verlede jaar die ooreenstemmende tydperk 75,1 persent vol.