Nog ietermagô’s haal misdaadverslag

Die Namibiese polisie sukkel steeds met die onwettige handel in ietermagô’s. Die mag sê hy het Saterdag ‘n 48-jarige man op Tsumeb in besit van ‘n ietermagô-vel gevind. Die belangrikste dryfveer vir hul handel is die Asiatiese medisynemark. In 2023 het Namibiese owerhede beslag gelê op 12 lewende ietermagô’s, 18 ietermagô-velle en 146 skubbe, wat gelei het tot 23 geregistreerde sake en die arrestasie van 38 verdagtes. Die mag het geen verdere inligting oor die arrestasie bekend gemaak nie en die ondersoek duur voort.