Nog ietermagô-velle gekonfiskeer

Die onwettige handel in gekontroleerde wild-produkte kry net nie end nie. ‘n 29-jarige Namibiese man is tydens ‘n polisie-optrede in die dorp Nkurenkuru in die Kavango Wes-streek gearresteer, nadat twee ietermagô-velle in sy besit gevind is. Die man het nie die nodige permitte gehad om in die velle handel te dryf nie. Die polisie sê hul ondersoek gaan voort.