Nog hoëgraad-uraanneerslae gevind in Erongo

Madison Metals het aangekondig dat hy hoëgraad-uraanneerslae gevind het by sy Khan-uraanprojek by Madison-Wes, in die sentrale Erongo-streek. Die maatskappy het sy eerste boorprogram van nege gate van omgekeerde sirkulasieboor voltooi. Uraanmineralisasie is suksesvol op diepte in ses van die nege boorgate gevind. Dr. Roger Laine, ‘n geologiese ingenieur en direkteur van Madison, sê dit is ‘n belangrike stap vorentoe in hulle eksplorasieprogram. Hy sê die bevestigde stratigrafiese vlak op die eiendom bied die ideale toestande vir hoëgraadse uraanmineralisasie soortgelyk aan dié by die Rossing- en Husab-myne.