Nog Demokrate sê Biden moet uittree
Nog Demokrate vra die Amerikaanse president, Joe Biden, om sy herverkiesingspoging te laat vaar. Angie Craig het die vyfde Demokraat in die Kongres geword wat die partyleier openlik gevra het om uit te tree weens kommer oor sy vermoë om oud president Donald Trump die stryd aan te sê. Craig en andere, onder wie Lloyd Doggett, Raúl Grijalva, Seth Moulton en Mike Quigley, twyfel of die 81-jarige se veldtog doeltreffend sal wees en bevraagteken sy hantering van debatte. Biden is ondanks die kritiek vasberade om nie handdoek in te gooi nie.