Nog brandstofprys verhogings in Oktober verwag
Nog reuse-verhogings in die brandstofprys word in Oktober in Suid-Afrika verwag met die land se Sentrale Energiefonds wat tot 1 Suid-Afrikaanse rand 22 sent per liter petrol en ongeveer 2 rand per liter diesel voorspel. Olie styg steeds en kenners meen die kommoditeit sal teen ‘n gemiddeld van 93 Amerikaanse dollar ‘n vat in die laaste kwartaal verhandel. Die Amerikaanse dollar is ook op die oomblik baie sterk. Namibiese verbruikers kan ook ‘n verhoging verwag, alhoewel stelsels plaaslik anders werk met hoër subsidies as in die buurland. Plaaslike ekonoom Jason Kasuto het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.