Nog botsings in Kenia met betogers terug op straat

Die polisie in Kenia het weer rubberkoeёls en traanrook op betogers in Nairobi afgevuur met betogers wat hulle protesaksie voortsit ten spyte daarvan dat president William Ruto na dodelike protesaksie omstrede belastingverhogings teruggetrek het. Die protes word hoofsaaklik deur jong Keniane gedryf en het owerhede onkant betrap. Ruto se regering se reaksie wissel tussen strenger opgetrede teen die onrus en uitnodigings tot gesprekvoering. Talle betogers drom in die sakekern van die stad saam. Soldate en onlustepolisie versper ingang na die paaie wat na Ruto se kantoor lei.