Nóg boorgate vir droogtegeteisterde Oos-Kaap

Die droogtegeteisterde Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap sê hy is besig met projekte wat daarop gemik is om die water-infrastruktuur te verbeter. Die onderburgemeester, Mkhuseli Jack, sê die St George’s Wellfield-boorgat word aan die waterstelsel gekoppel. Die gemiddelde damvlakke staan tans op 12 persent. Jack sê die metro het hom daartoe verbind om ‘n aantal boorgate teen die einde van die maand te voltooi.