Nog beserings teister All Blacks

Die All Blacks moes weens beserings drie veranderings aanbring aan hulle groep vir die seisoen-einde toer, waar hulle te staan kom teen Japan, Engeland, Ierland, Frankryk en Italië. Die losvoorspelers Ethan Blackadder, Luke Jacobson en Dalton Papali’I is almal beseer. Die nuwelingflank Peter Lakai en die Waikato Chiefs-slot Josh Lord is gevoeg by die groep wat reeds afgeskaal is van 36 tot 35 spelers. Die All Black-afrigter Scott Robertson sê die beserings bied geleenthede vir ‘n paar ander spelers: