Nog arrestasies verwag in Liebenberg-saak 

Die Valke het bevestig nog mense kan in hegtenis geneem word in verband met ‘n diamantbeleggingskema van 4 miljard Suid-Afrikaanse rand. Nege mense, insluitend die diamanthandelaar Louis Liebenberg en sy vrou, Dezzi, is agter tralies. Hulle verskyn vandag in die Landdroshof in Bronkhorstspruit, Gauteng, op aanklag van bedrog, diefstal, geldwassery en rampokkery. Philani Nkwalase van die Valke sê beleggers is sedert 2019 ingeloop: