Nog 3 Palestyne deur Israel se weermag doodgeskiet

Israeliese magte het drie gewapende Palestynse mans naby die stad Nablus doodgeskiet, nadat hulle gister losgebrand het op troepe in die besette Wesoewer. Die sterftes bring die aantal Palestyne wat sedert die begin van die jaar dood is op 80 te staan, sedert Israel se aanvalle in die Wesoewer verskerp het. Veertien mense is tot dusver vanjaar in Palestynse aanvalle dood. Israel sê die klopjagte is noodsaaklik om militante netwerke te ontwrig en toekomstige aanvalle te voorkom. Wêreldleiers het hul beroepe op vrede herhaal.