Nog 11 Gugulethu-gesinne kry huise

Die Stad Kaapstad het nog elf Breaking New Ground-huise aan kwalifiserende begunstigdes in die Gugulethu-behuisingsprojek oorhandig. Die voltooide projek sal 1 004 huise beskikbaar stel aan bevoordeeldes en hulle gesinne. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Carl Pophaim, sê die stad doen alles in sy vermoë om behuisingsgeleenthede vir die armes te voorsien