Nobelpryswenner in Bangladesj as tussentydse leier aangestel

Die Nobelpryswenner en baanbreker in mikro-finansies, Muhammad Yunus, is aangestel as Bangladesj se tussentydse leier. Dit volg nadat eerste minister Sheikh Hasina Maandag bedank en landuit gevlug het ná weke lange dodelike oproer. Minstens 300 mense is dood nadat toegeslaan is op studentebetogings teen voorkeur-werkkwotas. Yunus het vrese oor onstabiliteit in die land besweer en sê Hasina se vertrek is ʼn rewolusie.