Nobelprys vir Fisiologie/Medisyne gaan vir mikroRNA-ontdekking

2024 se Nobelprys vir Fisiologie of Medisyne is toegeken aan twee Amerikaanse wetenskaplikes, Victor Ambros en Gary Ruykun, vir die ontdekking van mikroRNA en sy rol in die regulering van geen-aktiwiteit. Hulle navorsing toon verskillende seltipes kan bepaalde funksies verrig selfs met dieselfde genetiese inligting. Die belangrike ontdekking is gegrond op die rondewurm C. elegans. ‘n Woordvoerder van die Nobelraad, Olle Kämpe, sê hierdie ontdekking is belangrik om siektes soos kanker en diabetes te verstaan.