Nobelprys vir Chemie gaan vir werk met proteïene

2024 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan drie wetenskaplikes vir hul baanbrekerswerk met proteïene. Die Amerikaner, David Baker, sal die helfte van die prys ontvang, terwyl Demis Hassabis en John Jumper van die Verenigde Koninkryk die ander helfte sal deel. Die gesogte prys, toegeken deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe, is sowat 20-miljoen Namibiese dollar werd. Baker het in ‘n telefoonoproep gesê die gebruik van kunsmatige intelligensie om proteïenvorms te voorspel bied nuwe geleenthede vir die ontwerp van proteïene wat mense kan bevoordeel.