Noa poog vir borg terwyl hy appelleer

Die veroordeelde leerlingdokter Dennis Noa is vandag terug in die Windhoek-streekshof voor landdros Victor Nyazo. Noa poog om borg te kry terwyl hy appelleer teen sy skuldigbevinding op ‘n klag van verkragting wat in April 2021 plaasgevind het. Hy sê toestande in die tronk is haglik. Sy regsman Sisa Namandje sê nie net sal hulle appelleer nie maar sal ook die hoërhof nader om sy verhoor te hersien nadat onreëlmatighede tydens die proses ontdek is.