Noa gesels oor mediakonferensie op Swakopmund

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië hou weer sy jaarlikse Erongo-mediakonferensie op Vrydag 2 Junie op Swakopmund. Hierdie inisiatief is in samewerking met die kantoor van die streekgoewerneur. Die kommissie se adjunk-direkteur-generaal, advokaat Erna van der Merwe, sal die media toespreek. Die direkteur-generaal, Paulus Noa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie jaarlikse geleentheid gereël word om kontak met die media te hou, want die media is ‘n belangrike rolspeler in die stryd teen korrupsie.