NNN word 72 te midde van kommer oor haar gesondheid

Netumbo Nandi-Ndaitwah herdenk vandag haar 72ste verjaardag te midde van kommer oor haar gesondheid na sy oor die naweek ineengestort het by ‘n saamtrek. Sy is gebore op 29 Oktober 1952 en dien tans as Namibië se derde vise-president, ‘n rol wat sy in Februarie vanjaar aanvaar het. Sy het voorheen verskeie ministeriële poste beklee en staan tans as Swapo se eerste vroulike presidentskandidaat in die November-verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Namibiese premier, Saara Kuugongelwa-Amadhila.