NLU wil weiding fasiliteer vir boere rondom Outjo

Reën het wydverspreid oor die land geval en die meeste boere juig. Maar gebiede rondom die Outjo area het min reën ontvang het en gevolglik is weiding steeds uiters swak daar. Daar is nog hoop dat moontlike reënval in Maart en April vir hierdie areas verligting sal bring maar intussen is dringende aksie nodig om die boere by te staan. Die Namibiese Landbou-unie wil weer ’n fasiliteringdiens aanbied om weiding vir hierdie boere te vind. Roelie Venter, hoofuitvoerende beampte van die unie het meer.