NLU takel misdaad met toep

Die Namibiese Landbou-unie is besig om voor te vat met proaktiewe inisiatiewe in die stryd teen misdaad. Die NLU het eerstens die Joint Crime Prevention Forum op die been gebring met verskeie veiligheids- en sekuriteitsforums, en ontwikkel nou ‘n toep wat ook deur die polisie gebruik kan word. Die unie sê ontoereikende en verouderde rekordhouding van beweerde misdade, wat veediefstal insluit, veroorsaak dat dieselfde oortreders herhaaldelik borgtog toegestaan word. Die toep sal kunsmatige intelligensie gebruik vir gesigsidentifikasie en omvattende rekordhouding. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die NLU se president, Thinus Pretorius, wat meer oor die inisiatiewe deel.