NLU sê hy werk aan droogtehulp-dekking

Die droogtehulp wat pas deur die regering afgekondig is, is net van toepassing vir die tydperk Julie tot Desember 2023 en sluit net sekere streke in. Die Namibiese Landbou-unie sê die aansoekvorms vir droogtehulp sal eersdaags gereed wees en die Lewendehawe Produsente-organisasie sal dit na lede versend sodra dit beskikbaar is. Die program sluit op die oomblik die Kunene-, Erongo-, Omusati, Omaheke-, Hardap- en Karas-streke in. Daar is volgens die unie beroepe dat Otjozondjupa en Khomas ook ingesluit word maar, dit moet met die kantoor van die eerste minister bespreek word. Volgens die NLU sal daar noukeurig aandag aan die kwessie gegee word en die nodige druk sal toegepas word. Vir nou is die tydperk van droogtehulp slegs geldig van Julie tot Desember vanjaar.